Saturday, 10 March 2007

Is jy uitgebrand? Fisies en Emosioneel.

Hoe kyk jy of jy uitgebrand is?
Ek gaan so lekker motorkar vergelyking doen.


  • Jou battery moet gelaai word. (Dit is as jy probleme het om in die oggend wakker te word of slefs as jy regtig sukkel om aan die gang te kom.)

  • Jou "Idle" is te hoog gestel. (Selfs as jy stil staan voel jy gejaagd , jy voel jy moet besig wees met iets. Jou pas vir die lewe is dus te hoog. So stilstaan en rus help nie regtig nie.)

  • Jy het jou ligte aangelos oornag. (As jy bed toe gaan raak jy aan die slaap met gedagtes oor werk en jou lewe.)

  • Jou liggaam ry hard. Dit voel asof jou lyf sak en as is en jy maak foute wat jy nie normaalweg sou maak nie. (Jy kort 'n opkikker. Kyk jou mediese toestand , hoe voel jou liggaam?)

Herstel Stap 1 : Herlaai jou battery

  • God is die bron van jou krag. Kom by God uit in gebed. Gee dank aan Hom wat die dryfkrag is agter jou hele menswees. Sonder Hom is ons niks. Iets eenvoudigs soos om te tel wat se seeninge ons het van God af.

Herstel Stap 2 : Stel jou rus pas op die regte spoed.

  • Lewe op die pas wat vir jou gemaklik is nie die pas van die wereld nie. Sekere mense het die ondervinding om 'n baie vinnige pas te handaaf. Ons sal eendag ook daarby uitkom. Dit bly baie belangrik om jou pas te bepaal al kom ons miskien met die rede , maar ons moet byhou met die wereld. Dit is alles goed en wel , maar wat as jy oor 2 jaar uit die RACE uitval.

Herstel Stap 3 : Sit jou ligte af elke aand!

  • Hierdie is regtig baie belangrik en baie mense verstaan nie hoe belangrik jou slaap vir jou is nie. Jou brein verwerk nogsteeds informasie na jy aan die slaap is. Jou laaste denke sal nog lank in die kop rondwaal en baie mense droom dan oor dinge waarvan hulle gedink het weke al voor hulle drome. Gaan sit en skryf jou gedagtes neer op papier tot jy nie meer gedagtes het nie , of BLOG :) dit sal help om te gaan slaap met skoon denke en so min as moontlik om oor te dink.

Herstel Stap 4 : Kry 'n "Check Up"

  • Besoek jou dokter tenminste een keer in ses maande. Slefs die tandards. Iets eenvoudigs soos 'n tand kan jou probleme gee sonder dat jy daarvan weet. Selfde met ons ligaam. God het vir dokters die talent gegee om ons te genees met basiese kwale , verder doen Hy die wonderwerke.

Herstel Stap 5 : Vat jou kar en kom bietjie uit die stad uit.

  • Partykeer is dit al wat ons nodig het om ons los te maak van die gejaag. Net 'n saterdag langs 'n dam of selfs 'n vakansieoord as 'n dagbesoeker.

As jy hierdie basiese dinge doen is ek oortuig daarvan dat die skouers bietjie sal ontspan. Word stil en wees rustig.

Tuesday, 06 March 2007

God en die Besigheidswerêld.


As jy 'n leier is in enige besigheid of bestuurder in enige opset is hierdie vir jou. Mense vandag is bang om God en besigheid te meng. Hoekom? Die rede is nie so seer dat mense skaam is vir God nie , daar word net bloot gesê dat daar geen plek is vir God in die besigheidswerêld nie. Slegte nuus vir die wat nie saamstem nie en hoor my as jy hierdie lees , mag God jou werêld ruk dat jy op jou kniee sal smeek om hulp vir uitkoms in jou besigheid as dinge skeefloop.

As jy die woord besigheid hoor , dink jy miskien aan produksie en geld. Hoe kan jy jou besigheid bestuur om geld te maak. Dit is waaraan die meeste mense dink. In jou besigheid werk jy met God se geld en met God se mense. Nou die belangrikste vir God is Sy mense. Om 'n rentmeester van God se geld te wees is natuurlik ook belangrik , maar baie leiers plaas God se geld of soos hulle dink hulle geld voor God se mense. Groot Fout.

Baie eenvoudig. As 'n leier is dit prioriteit om na God se mense om te sien. Elke werker in jou besigheid is vir God meer werd as al die geld in die werêld. Jou doel as leier is om vir elke persoon sin te gee aan hulle 2de doel op aarde. Eerste is om 'n persoonlike verhouding met God te he en 2de is om hulle lewensplan volheid te lewe. Ek kan vrek baie hieroor skryf , maar ek wil dit nie uitrek nie.

Punt is , belê in jou mense wat vir jou werk , maak hulle belangriker as die belangrikheid om geld te maak. God sal jou seën omdat jy 'n seën is vir Sy mense. God sal jou besigheid seën om meer mense deel te maak van jou God gedrewe besigheid. Deure sal toegemaak wees met rede wat jy nie dadelik sal verstaan nie , deure sal oop wees en jy sal dit tien teen een ook nie verstaan nie. Fokus net op God en dan op Sy mense.

Monday, 19 February 2007

Self Ontwikkeling

In die lewe wat ek leef probeer ek baie keer om mense te help. Nie net met take nie , maar deur situasies van die lewe. Nou ek is 25 . Dit is eintlik nie regverdig teenoor mense wat ouer as ek is nie. Ek meen wat weet ek nou van die lewe af? Daar is een ding wat ek weet en dit is dat ons keuse het. JA of NEE. Die keuse wat jy maak het reaksies. Eenvoudig. Vir elke aksie is daar 'n reaksie!

Somtyds dink ek nie ek het die vaardighede om iemand te help met iets nie en dit is 100% so. Wat weet ek nou van kinders af , as ek nog nie eens kinders het nie. So kan ek aangaan. Ek dink dit is vrek belangrik vandag om nie net 'n skroewedraaier te wees nie. As ek slegs die een instrument is kan ek slegs skroewe uitdraai en indraai.
Die groot doel op die einde van die dag is miskien om 'n leatherman te wees. Ietsie van alles.
Sir Edmund Hillary die eerste makker wat mount everest geklim het , het iets interresant gese.

Na sy 2de poging om die berg te klim het hy met mense gepraat in 'n saal waar daar 'n massiewe skildery van Mount Everest agter hom gehang het. Sy woorde was soos volg.

That mountian cannot get any bigger but i have plenty room to grow and become bigger than that mountian.

In Afrikaans , Daardie berg kan nie groter word nie , maar ek het meer as genoeg spasie om groter te word as daardie berg.

Hy som dit baie mooi op , dinge in ons lewens kan net 'n sekere groote bereik , maar ons as mense kan 'n ewigheid leer en groei. Groei in God en groei in onsself. Moenie laat 'n dag verby gaan wat jy nie gegroei het nie.

Saturday, 17 February 2007

God en Jy bepaal jou denke se dinkpatroon!

My denke bepaal my uitkoms. Dit wat ek as persoon wil word en wees. Ek oordink die lewe en benader die lewe volgens dit waaraan ek dink. As mense met my praat dan neem ek hulle woorde in en my denke se ja of nee. Daar is 'n gesegde wat se. "Hou op om maag pyn te kry oordat jou voorvaders teveel groen appels geeet het"

Die punt wat ek probeer maak hier is soos volg. Hou op om redes te soek vir dinge wat jy nie kan wees nie oor jou generasies voor jou. Bv. My oupa het gedrink , nou moet ek ook drink en my pa het 'n kort humeur en nou moet ek ook een he. Dis Nonsens!. Jy maak die keuses in jou dinkpatroon. Dit is nie 'n demoon wat in jou lewe is nie.

Baie predikers spreek die duiwel aan en se hulle moet die mense uitlos. Ek dink dit is anders om , MENSE los die duiwel uit. Ek kan myself net indink , 'n demoon praat met God en se vir God , dit is nie my skuld dat die ou drink nie , en God antwoord hom. Ja ek weet , hy drink omdat sy oupa gedrink het moet hy ook nou drink. Dan is dit meer 'n kwessie van Pietie of Jannie los die duiwel en sy gedagtes wat hy om jou plaas uit.! Sonder Boo Haa en 'n bohaai kan die keuses wat ons maak hierdie generasie gewoontes afbreek.

Mense , hou op om verskonings te maak oor wat in jou vorige generasies fout was Siektes , gewoontes en emosionele pyn. Los dit en begin met basiese besluite. As jy jou denkpatroon hammer met iets soos , amper al die mans in my familie het hartaanvalle gehad , belowe ek jou sal jy een kry. Intussen sit jy met 'n perfekte hart , maar omdat jy so storie daarvan gemaak het , het jy jou denkpatroon so opgevoeter dat jou brein begin programmeer het om vir jou 'n hartaanval te gee. Dit is 'n gedagte wat elke dag jou vrede steel.

Word rustig en oordink dit wat God jou voor geskep het. Om vol vreugde en vrede te wees , om gelukkig te wees as mens op aarde.Skakel jou gedagtes in op God en jy sal insig en wysheid ontvang veel meer as wat in jou menslike vermoë moontlik is. Deel van die koningkryk is hier op aarde , dit is ons. Leef dit. Wees dit. Elke dag nie net Sondag nie.

Mag julle , julle denkpatrone bombardeer met positiewe denke en die besluite neem om verandering in julle lewens te bring.

Thursday, 15 February 2007

Wonderwerk!

Wat is 'n wonderwerk vandag? 'n Vriend van my het nou die aand met 'n oulike konklusie opgekom. Hy het verduidelik oor die skrif waar Jesus vir die Dissipels se , julle gaan groter dinge as ek doen , onder andere gaan julle ook mense wat blind is laat sien en mense wat siek is genees.

Dadelik dink jy aan iemand wat nie kan sien waar hy loop nie . So blinde ou , of iemand wat siek is op 'n hospitaal bed. Dit is voorwaar wonderwerke , maar hoe baie sien ons soortgelyke wonderwerke vandag. Antwoord is baie min , maar as jy dit sien soos hy dit verduidelik is dit redelik baie. Wel dit is nou as jy oplettend is daarvoor. Mense wat nie die waarheid kan sien nie , mense wat 'n lewe , lewe vir die aarde en nie vir God nie. satan Verblind hulle teen die goed van God.

Dan is daar mense wat seer gekry het. Emosioneel is hulle stukkend en met die hulp van God is ons die instrumente wat die mense se gevoelens genees. Ek dink mense kry meer seer emosioneel as fisies. Dink bietjie aan jou lewe en weeg die twee op. Binne in jou , jou hart. Dit is waar jy al die seerste gekry het en ook die meeste , tensy jy een van die ouens is op kanaal 89 wat in AF speel. Wel julle verstaan wat ek bedoel.

Om terug te kom by wat is 'n wonderwerk vandag? Ek wil met julle deel wat ek nou die aand as 'n wonderwerk ontvang het vanaf God. Verlede week vrydag aand is ek en my vrou oppad huistoe. So 2km van die huis af stop ons by 'n rooi robot en ons wag vir die robot om groen te gaan. Die robot het groen geslaan en ek was reg om weg te trek. Op die selfde moment wat die robot groen slaan , lui my selfoon en ek strek na die sak toe aan my vrou se kant om my foon te kry , in die selfde moment trek ek ook weg en toe laat vrek ek die kar. Ek het my kop opgelig om voor my te kyk en die kar weer aan te skakel .

As ek reg kon skat ry daar 'n trok met 'n sleepwae teen ontrent so 80 - 100 oor die rooi robot.
Ek en my vrou sit net daar en weet nie wat om te se nie. Jy sit met so dom dowwe uitdrukking van wat die hek. Die hele gebeurtenis het ontrent afgespeel in 10 sekondes. Daar was 'n ander kar agter ons gewees en verseker sou die trok of ons of die ou agter ons geslaan het. Ohh ja en my foon was slegs 'n miscall gewees van 'n vriend. Nogals snaaks 'n vriend van my wat nie in God - Jesus Christus Glo nie.

Hierdie was voorwaar 'n wonderwerk. Ek dink God wil elke dag wonderwerke in ons lewens doen. Die vraag is , is jy reg daarvoor? Ek was nie. Ek raak emosioneel as ek dink aan wat gebeur het. As ek die gewoonte verwagting het dat God elke dag 'n wonderwerk in my lewe wil doen dan sal dit nie so erg wees nie , want my God is 'n God van elke dag wonderwerke. Groot en klein. Ek bid dat julle harte sal reg wees vir 'n wonderwerk. Ek bid dat mense wat nie vir God ken nie sal soek na die verlosser wat vir hulle wonderwerke gee.

Monday, 12 February 2007

Hoor die stem van God Deel 2

Dit voel vir my soos 'n welkom terug in my eie blog. Die laaste 2 weke was nogals besig gewees. Elkgeval Welkom welkom. Ek sal later pos oor my lekker 2 weke. Fokus mense Fokus.

Ek het bepaal dat daar sekere onodige dinge in ons lewes is wat dit egter moeilik maak om te fokus op die stem van God. Daar is hierdie gesegde wat se , dit wat jy eet is hoe jy lyk. Nou in die selfde asem kan ek se dit wat jy jou gedagtes gaan voer is die opbrengs vir hoe jy gaan dink.

Die media is vandag lui slingse satan se gunsteling gereedskap.
Kyk jy miskien na die 6 uur nuus? Luister jy na die 5 uur nuus op die radio oppad huistoe? Die vraag is waarna kyk jy en luister jy. Wat is jy besig om jou gedagte mee te voed. Gemors wat op die eiende van die dag jou net ontstel. Wel ek het dit stop gesit. Ek is miskien nie so op hoogte met wat in die wereld aangaan nie , maar as dit regtig baie belangrik is dan sal ek dit erens by iemand hoor. Jy kan nou ongelukkig nie mense om jou afskakel soos die tv of radio nie.

Die gemors op die tv en radio is werelds en al wat jy besig is om te doen sonder dat jy dit weet is om te luister na satan. Jy word negatief oor ons land en die mense om jou. Baie van julle dink nou dalk ek is bietjie van my trollie af , want dit is belangrik om tog te weet wat aangaan miskien in die sake nuus of selfs verkeer nuus. Indien dit dan so noodsaaklik is om na die twak te luister , spandeer dan tenminste 3 keer die tyd met positiewe dinge. God is 'n God van alles en 'n positiewe karakter by God is 'n wen wen. God praat graag met positiewe mense. Hoor mooi wat ek se. Ek bedoel nie as jy in jou downs en outs is God wil nie met jou praat nie , maar Hy praat makliker met positiewe , dinamiese mense wat 'n verskil kan maak op aarde.

Gaan sit 'n bietjie en kyk wat jy vir jou greistof gee as voedsel. Ek belowe jou en bid vir almal wat op die proef stel wat ek aanbeveel. Los die nuus vir 2 weke. Los die koerant vir 2 weke en vervang dit miskien met iets soos 'n boek wat jou as mens opbou en jou kan positief maak oor die lewe en oor wie jy is. Natuurlik my persoonlike aanbeveeling . Die Bybel en jy kan spreuke begin lees. As dit vir jou een te veel is , gaan koop 'n boek oor leierskap of self ontwikkeling en verkieslik by 'n christelike boekwinkel. Die wereld soek nie nog 'n Hitler nie. Pasop watter tipe leierskap boeke jy lees.

Tuesday, 30 January 2007

Hardloop en hoekom?

Verlede week het toe nou heel goed gegaan. Ek het woensdag aand my eerste wedloop aangepak. 15km!! Ek het dit in presies 1 uur 30 min gedoen en so paar sekondes.
Saterdag oggend het ek ook gehardloop , ek het slegs 'n 10km gedoen met die rede dat ek die naweek wat kom 'n 21km gaan hardloop. Ek wil myself nie ooreis nie en dit is vir my 'n heel nuwe veld.

Ek het my 10km in 49 min gehardloop wat ook nie te sleg is vir 'n eerste keer nie. Die beste van als is dat dit is nogal lekker. Dit is of in die oggend vroeg of in die aand. In die oggend is dit nog koel en die lug is lekker vars en die aand wedlope is amper soortgelyk. Nou die groot vraag Hoekom . Ek het dit vir myself gister gevra. Ek wonder toe hoe op die aarde het ek by die besluit gekom om te begin hardloop. Dit was defnitief nie 'n nuwe jaar voorneme nie. Ek gaan nou al vir 2 jaar gereeld gym toe en my liggaam is in 'n goeie kondisie.

Ek het terug gesit en gekyk waar het dit begin. In Desember het ek begin hardloop in die gym op die treadmill (YUK) dit is warm in die gym en jou voete brand op 'n treadmill. Ek het begin met 10 min , later 20 en nou al tot 'n uur. Die beste van als is dat ek het geen begeerte gehad om regtig te hardloop nie. Ek het al voorheen vir myself gese ek wil dalk eendag iets doen soos 'n ysterman waar jy hardloop , swem en fiets ry. Ek het hieroor gesit en dink en selfs vir God met die saak betrek. Hy is tog my skepper , God maak dat my een voet voor die ander geplaas word. God voorsien die suurstof wat maak dat my hele wese funksioneer.

Ek het nie regtig duidelike antwoorde gekry hieruit nie , maar ek het tot die volgende konklusies gekom. Ek en God weet ek gaan tenminste 96 jaar oud word. Ek het al baie daarteen gestry , en vir God gese ek wil nie 'n suurstof dief word nie , maar elke keer kry ek versekering dat ek nogsteeds met passie vir God gaan leef en funksioneer tot die dag wat ek doodgaan. Een ding is verseker. As ek op daardie ouderdom nog aktief wil wees in die samelewing gaan ek elke dag moet oplet na wat ek my liggaam aan bloodstel. Sekere kos , dit wat ons drink , sekere medisyne en selfs my manier van oefen. Teveel of te min. Al wat ek kan se is dat God beheer my wese en Hy weet wat die beste vir my is. Miskien is spiere bou nie die ding nie. Dalk is 'n doodgewone gesonde liggaam die wenresep vir 'n lang lewe. Ek sal nie weet nie en slegs God kan my daarop antwoord en tyd sal my leer.

Elke mens is uniek gemaak . Elke mens dink ek het nodig om te weet wat die wenresep is vir 'n lang lewe. Nie om suurstof te steel nie , maar om 'n instrument van God te wees.

Tuesday, 23 January 2007

Hoor die stem van God Deel 1


Om die stem van God te hoor gaan hand aan hand met my eerste opsomming oor hoor die stem van God deur Sy Heilige Gees. Ek het tot 'n masiewe realiteits uitkyk gekom en dit met net een vraag. Hoekom wil ek die stem van God nou regtig hoor? Miskien vir my eie selfsugtige begeertes of om regtig God te leer ken? Wel hier kom die logiese nuus , God weet alles van ons af en as ons by Hom kom met verskuilde agenda's gaan ons defnitief net mooi niks hoor nie. As ek dit nou mooi sag kan stel alles en alles is hier so semi POEF hier.

Ek is 'n christen om baie rede's. Een is dat ek eendag die ewige lewe wil ontvang. Ek wil saam met God woon in die koninkryk. Baie christene redineer so , hulle se hulle is christene en basies kom dit daarop neer dat hulle hemel toe gaan. Jesus se duidelik in die woord dat Hy is die enigeste weg. Hy noem ook in Johannes 3 Vers 3 die volgende "Ek verseker jou , as iemand nie van bo gebore word nie , kan hy die koninkryk van God nie sien nie." Basies wat Jesus hier bedoel is wedergeboorte.
Die volgende skrif se vir my net hoe vrek belangrik dit is om God te ken.

Mat 7:22 Baie sal met oordeelsdag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
Mat 7:23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!
Mat 7:24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.


As ek en jy eendag voor God staan , gaan ons Hom ken ? In diepte. Ek se nou vir julle my antwoord hierop is 'n groot Nee. Ek raak bang as ek dink hoe min ek van God af weet.
Dinge gaan verander. Van vandag af. Nie oor 'n maand van nou af nie , nie op 'n sekere datum nie , van hierdie moment af. Ek wil Godsbewus wees altyd.

Mag jy God soek , en honger na meer oor wie God is. As jy nie 'n begeerte het om te weet wie jou geskape het nie bid ek dat jou skepper GOD daardie begeerte in jou hart sal wek.

Friday, 19 January 2007

Be Humble before your Stumble!

Ek sit vanoggend en kyk die Australian Open (Tennis). Rodger Federer speel teen Youzhny ek dink hy is 'n rus. Ek is mal oor Rodger en ook die 2de sitting Rafeal Nadal . Dit is vir my 'n droom om eendag altwee die mense te ontmoet. Nie net van sien nie , ek wil met hulle praat. Dit sal waar word. Natuurlik gaan ek eers moet spaans leer om met nadal te praat , want hy kan slegs spaans praat. :)

Ek sit en dink wat maak die super spelers so uniek. Wie is hulle , waarvoor staan hulle en wat dryf hulle. Wat maak hulle anders as al die ander spelers. Met altwee is daar 'n unieke nederigheid. Is dit miskien die wenresep tot 'n briljante speler. 'n Briljante mens. Ek dink dit is baie moontlik. Jesus wat totaal en al nederig. Hy het aarde toe gekom met 'n plan en dit is vervul dit is 100% gedoen. Hy was 'n wenner. Nou dit beteken nie dat Nadal nie 'n wenner is omdat hy die 2de sitting in die wereld is nie. Nee. Soms klop hy ook vir Rodger. Dan is nadal natuurlik ook baie jonger as rodger , nadal se tyd sal kom.

Rodger sal nooit sy oponnent verneder op die baan nie. Sy oorwinnings genot is 'n kop af en arm in die lug. Aan die einde van 'n wedstryd sal hy natuurlik meer verheeg in sy oorwinning as tussen spel. Julle gaan nou lag , maar ek dink sy optrede van nederigheid op die baan maak sy oponente mak. So lekker mak soos skapies. Hulle speel teen hom met vrees en respek. Nou dit is nogals snaaks om te sien dat daar vrees gewek word hier sonder geweld. Die respek wat rodger ontwikkel het in die tennis wereld deur die persoon wat hy is (Nie net omdat hy nommer 1 is nie.) maak hom 'n gevreesde opponent.

Dan is daar Rafeal Nadal. Soos ek gese het rafeal is nog jonk. Nou vir 'n jong mens doen hy regtig briljant. Meeste jongmense voeter hulle roem op , nie eers om te praat van die geld nie. Dit gaan alles kop toe. Hy is bietjie anders as Rodger op die baan , hy hou daarvan om uiting te gee aan sy oorwinnings . Hy is regtig oorlaai met genot as hy wen. Ek dink nie hy is al waar rodger is nie , maar hy sal daar uitkom.

Psa 149:4 The LORD is pleased with his people, and he gives victory to those who are humble.

2 Samuel 22 U red hulle wat nederig is , maar U verneder die hoogmoediges.

Mag julle almal nederigheid ervaar in julle harte sodat julle dit kan deel met die wereld , nie met woorde nie , maar met julle dade. Mag God vir julle oorwinning gee in elke taak wat julle aanpak met nederigheid.

Monday, 15 January 2007

Bed Toe!!!

Ja , dit klink nou mos lekker. Bed tyd , net so voor 11 uur nou . Die naweek het regtig goed afgeloop. Die opleiding wat ek aangebied het was nie sleg gewees nie. Dit is eintlik nogal lekker om met mense te praat wat net sit en vir jou kyk. Ek gaan eendag voor duisende mense praat oor leierskap. Maar dit is eers eendag. Vir nou praat ek met so groepie van 30 en op sondae met so 50 tot 80 kinders per diens.

Van vrydag af het ek in totaal seker so 15 ure geslaap en dit is heeltemal te min vir my. Ek weet ons kan seker weg kom met baie minder , maar gym en straffe draf sessies laat nie veel krag oor nie. Die liggaam moet afpak en rus. Vanaand gaan ek lekker slaap , ek dink ek gaan eers so 8 uur opstaan. Dit klink nou vir my soos 'n plan. Nou ja , lekker kort. Ek sal more bietjie post oor my nuwe bakkie wat ek gekry het , is dit nou vir jou 'n storie op sy eie. Nag as daar iemand vanaand nog lees en lekker werk vir die wat browse op die net terwyl hulle eintlik moet werk.

Friday, 12 January 2007

Gister en Vandag

Hoe sug mens lekker in text formaat. Ek is lus vir sug. Sug van verligting , sug van spanning en 'n sug van moegheid. Die laaste 2 dae kleef ek soos poef aan 'n kombers vas aan die skrif in die woord wat se "Ek is tot alles instaat deur Jesus Christus wat my die krag gee."
2 Laat aande. Laas nag so 2 uur gaan slaap en 6 uur toe begin my 2 pappegaaie my wakker skreeu. Dit was ook die eiende van slaap.


Tussen 6 uur en 8 uur het ek lekker rond gedrentel hier in die huis om reg te maak om na 'n klient toe te gaan. Ons het die naweek 'n ekspo by die kerk vir die kinderkerk. Ek self is in beheer van nogals baie wat gaan afloop. Alles val vandag in plek. So dit is die sug van verligting.


Nou ja , ek moet nog vanaand 'n lekker powerpoint opstel , want ek bied more opleiding aan vir die kinderkerk personeel. Nou daai my liewe vriende is die sug van spanning. My nek is so lekker styf hier in die regterkant. Ek is nie heeltemal gewoond daaraan om iets voor mense aan te bied nie. mmmmmmm Great fun.


Ek het gedink ek gaan vanmiddag 4 uur squash speel teen my vrou te baas , dit sou nogals gehelp het met die spannings probleme , maar op een of ander wonderbaarlike manier het ons mekaar verkeerd verstaan en dit het toe nou nie gerealiseer nie. Miskien moet ek gym toe gaan na die pos. So 20 min op die treadmill gaan spandeer en as dit lekker seer raak dan 40 min!!!

Hehe nou dit is hier waar die sug van moegheid inskop. Na so sessie is mens lekker tam in die bene.


Ek sit nounet hier en kyk op Mk98 vir F*kof Polisiekar. Ek like die ouens heavy. Ek ken elkeen van hulle deur middel van lees en sien , maar nie persoonlik nie. Hulle agtergrond en sieninge. Ag wat ek bid vir julle dewds en Nee dit is nie die sarkastiese Ek sal vir jou bid nie. Miskien eendag sal julle 'n God nodig he.


Geniet die naweek en doen so veel as moontlik anders word jy lui oor die naweek.

Wednesday, 10 January 2007

Hoor die Stem van God deur Sy Heilige Gees Deel 4

Hi Julle , mmmm die reuk van reen as dit nog nie reen nie. Vars , nuut en vol lewe. Die lug is koel en lekker as dit deur ons liggame trek. Amper soos 'n lugreeling stelsel , maar net soos 1000 keer beter. Dit is nou so 6:15 pm , Ek woon hier naby die lughawe in Johannesburg. Ek skat dit sal seker reen oor so 10 min. Lekker Lekker Lekker!!!

Hierdie is my laaste pos oor die Heilige Gees en gaan so bietjie korter wees as die ander. God wil altyd met jou en my praat oor alles. 3 uur in die oggend , 1 uur met etenstyd noem die tyd , maar God wil elke oomblik met ons praat. Dit is tog waarom God ons in die eerste plek geskep het , sodat ons saam met Hom kan lewe en intiem in verhouding met Hom kan staan. Ek dink nie ons kan en sal ooit op die aarde God se liefde vir ons kan verstaan nie. Ek dink dit is iets "extreme" iets waarmee baie van ons nie sal kan kop hou in die hemel nie , juis omdat daar so min liefde hier op aarde is.

Matt Redman skryf in een van sy boeke "Face Down" - "Worship to me is like drawing closer to God with the intention of a Kiss" Stunning
Nou om God se stem deur die Heilige Gees te hoor moet vir ons ook so intiem wees.

Ek het so opsomming gemaak oor die paar dele wat ek gepos het vir julle.
1. Vergelyk alles wat jy hoor met die finale waarheid wat die Bybel is.
2. Soek om die stem te hoor wat gebore is in die Gees en nie die van die Vlees nie.
3. Onthou dat die Heilige Gees se intensies altyd is om mense te verwys na Jesus.
4. Onthou ook dat die Heilige Gees altyd verwys na Jesus Christus.
5. Verwag om presiese skoon informasie te hoor van die Heilige Gees
6. Die Heilige Gees sal jou nooit aanjaag of jou onder druk plaas nie.
7. Jy sal God se stem die beste hoor in tye van aanbidding , gebed en Bybel lees.
8. Soek om gereeld in die Gees te wees.

Bo dit alles praat uit liefde uit en verwag om in liefde geantwoord te word.

Tuesday, 09 January 2007

Hoor die Stem van God deur Sy Heilige Gees Deel 3

Jesaja 8:19-20 Hoekom probeer julle dan om uit te vind wat die toekoms inhou deur mediums en spiritiste te raadpleeg? Moenie na hulle gefluister en gemompel luister nie. Kan die lewendes by die dooies hoor wat die toekoms inhou? Hoekom vra jy nie eerder jou God nie? Gaan terug na wat die Here gesê het! As julle julle nie daaraan steur nie , is daar geen toekoms vir julle nie.

God alleen ken die toekoms vir jou en my. Hy wil dit ook met ons deel , maar daar is 'n geheim tot die sukses van hoe baie God met jou deel en wat God met jou deel. Die Heilige Gees is baie sensitief vir ander mense net soos Jesus was. As jou hart opreg is dan sal God deur die Heilige Gees selfs dinge met jou deel oor ander mense. Mense se pyn , mense se geluk ens. Nou vra jy jouself seker , maar waarom sal ek nou wil weet oor ander mense se lewens. Weereens kom ek terug na die Heilige Gees wat die heeltyd fokus op Jesus. Jesus hier op aarde het verskriklik baie omgegee vir gebroke mense. Wat sou Jesus doen ? Mense aanspreek , mense genees ?
Wat sal jy doen in die geval as die Heilige Gees sensitiewe informasie met jou deel oor ander mense.

As God met jou deel dat 'n familie sit met die bekommernis dat hulle baba wat gebore gaan word gaan met 'n gebrek gebore word volgens die dokters en Hy se vir jou dat jy vir die mense moet gaan se dat alles gaan reg wees , gaan jy dit dan doen? Miskien of Miskien nie. Ons is intrumente wat God gebruik. Jy moet weereens net weer gewillig wees. Nadat jy ander gehelp het of self nadat God met jou oor ander dinge gepraat soos sy skepping en Sy liefde vir ons dan sal God eers met jou praat oor wat die toekoms vir jou inhou. As jy God , Sy Koningkryk en sy mense eerste plaas in jou lewe dan sal jy automaties die vrede ervaar dat God jou toekoms volkome beheer. Goed en sleg , want saam met God sal alles vir die beste uitdraai.

Johannes 15:26 en wanneer die Raadgewer, die Heilige Gees, kom wat die Vader in my Naam sal stuur, sal Hy julle in alle opsigte onderrig en julle ook herinner aan alles wat Ek vir julle gese het.

Die Heilige Gees verwys altyd terug na Jesus toe. Om alledaags die stem van die Heilige Gees te hoor moet ons in die Gees wandel en in die Gees Kom. Ek het gevind dat daar vir my persoonlike net een manier is om goed oor te skakel in my geestes dimensie in en dit is deur aanbiddings musiek. Sommige mense mediteer God se woord. Ander skakel oor in Gees slegs deur Bybel Studie of Gebed. Ek beveel aan om soveel moontlik dinge te probeer wat jou op jou gemak sit om met God te kan praat. 'n Stil kamer sal natuurlik beter werk as een waar die dak waaier se toutjie die heeltyd Kliek Kliek Kliek maak.

Johannes 16:26 Wanneer die Raadgewer kom wat Ek vir julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader af uitgaan, sal Hy oor My in die openbaar getuienis afle.

Laat jou lewe so wees dat die Heilige Gees vir Jesus tot lig kan bring in die wereld deur jou menslike liggaam.

Monday, 08 January 2007

Hoor die Stem van God deur Sy Heilige Gees Deel 2

Die groot vraag , hoe weet ek , ek hoor die stem van die Heilige Gees? Nogals anders as jy mooi daaraan dink. Jy sit met 2 ander moontlikhede. Jou eie wil en dan natuurlik satan. Ek het mooi gaan sit en dink hieroor en 'n paar voorbeelde in my lewe gaan opweeg. As die Heilige Gees met jou praat dan is dit altyd inlyn met Jesus en dan natuurlik met God se Woord wat Jesus is!

Om die Heilige Gees se stem goed te kan hoor moet ek en jy die Bybel maar bitter goed ken. Op die manier kan ons baie beter weet wanneer die Heilige Gees met ons praat. Ek vra myself ook baie kere die vraag af is dit tot vordering van God se koningkryk hier op aarde? Indien nie dan twyfel ek en dan moet ek wag en seker maak totdat ek 100% oortuig is.

Ek het iets baie interresant ervaar ontrent Bybel lees voor my wedergeboorte en na. Vooraf het ek my bybel gelees en dit wat maar net woorde. Jy verstaan dit , maar jy verstaan nie die dieper betekenis agter die lewende woord van God nie. Die sad ding is dat jy nie weet jy verstaan dit nie.

Johannes 3:6 Wat uit 'n menslike liggaam gebore is , is menslik en wat uit Gees gebore is , is gees.

Om die dinge van die gees te verstaan moet jy wedergebore word. Om die Heilige Gees te kan hoor moet jy wedergebore word. Na my wedergeboorte het ek die Bybel beter verstaan en die dieper dinge van God begin verstaan.

Johannes 4:24 God is Gees, en die wat Hom aanbid, moet Hom in hegte verhouding met die Gees en in waarheid aanbid.

Ek is nou al 2 jaar 'n nuwe mens en ek sien myself nog as 'n baba in die geloof. In die begin fases wou ek so graag God se stem hoor ek het party keer dinge uitgedink sonder dat ek dit geweet het. Pasop dat jy nie probeer om die Heilige Gees uit te dink nie. Moet ook nie redineer met die Heilige Gees met die verwagting dat jy die redinasie gaan wen nie. God is altyd reg. Redinasie is goed en God hou daarvan. Hy het ons geskep as die mees intelektuele wesens op aarde.

Om terug te keer na ons 2 ander stemme. Jou eie wil praat gewoonlik net oor jouself en jou eie begeertes. Dit wat jy graag wil he. 'n Oulike Kar of 'n nuwe huis ens. Dan satan , soos hulle se vader van leuns. Hy is gewoonlik haastig , hy druk jou in 'n ding in voor jy weet wat jy gedoen het. God jaag ons nooit nie. God is gentle. Het jy al ooit daai onrustige gevoel binne jou gehad van jy is nie seker nie en amper alles se vir jou nee. Dit is wanneer die Heilige Gees terug trek omdat jy jou gewilligheid om te luister oorgee aan of satan of jou eie wil.

Onthou , die Heilige Gees gee altyd gemoedskalmte.

Sunday, 07 January 2007

Hoor die Stem van God deur Sy Heilige Gees Deel 1

Openbaring 2:7
Elkeen wat gewillig is om te luister moet hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.

Ek het in die week in op Discovery kanaal 'n samestelling gekyk van Nostradames. Nogals interresant gewees. Ek gaan nie teveel detail gee oor hom nie , maar die meeste mense weet wie hy is. Nadat ek die program gekyk het , het ek 'n onsaglike groot begeerte gekry om God se stem duidelik te hoor.

Ek wil presies weet in detail hoe God oor my voel , wat Hy vir my beplan ens. Dit gaan nou nogals greedy klink maar alles wat God met my deel wil ek vir myself hou. Ek is seker daarvan jy het geheime wat jy net met God sal deel. So ook het God dinge wat Hy net met ons wil deel.
Om terug te kom na die vers in openbaring. Ek dink dat God soek heeldag mense wat gewillig is om te luister. Net daai 2 woorde. Gewillig en Luister.

Sien ons en ek self wil net altyd afpak by God , wat reg is , maar ons is nie gewillig dat God bietjie by ons afpak nie.

Is jy gewillig om te luister? Is jy werklik gewillig om te hoor watse foute jy maak in jou lewe. Om te hoor hoe jy mense moet behandel . Om te hoor hoe jy jou finansies moet hanteer. Om te hoor waaroor God hartseer raak?

Is jy gewillig om te luister?