Saturday, 10 March 2007

Is jy uitgebrand? Fisies en Emosioneel.

Hoe kyk jy of jy uitgebrand is?
Ek gaan so lekker motorkar vergelyking doen.


  • Jou battery moet gelaai word. (Dit is as jy probleme het om in die oggend wakker te word of slefs as jy regtig sukkel om aan die gang te kom.)

  • Jou "Idle" is te hoog gestel. (Selfs as jy stil staan voel jy gejaagd , jy voel jy moet besig wees met iets. Jou pas vir die lewe is dus te hoog. So stilstaan en rus help nie regtig nie.)

  • Jy het jou ligte aangelos oornag. (As jy bed toe gaan raak jy aan die slaap met gedagtes oor werk en jou lewe.)

  • Jou liggaam ry hard. Dit voel asof jou lyf sak en as is en jy maak foute wat jy nie normaalweg sou maak nie. (Jy kort 'n opkikker. Kyk jou mediese toestand , hoe voel jou liggaam?)

Herstel Stap 1 : Herlaai jou battery

  • God is die bron van jou krag. Kom by God uit in gebed. Gee dank aan Hom wat die dryfkrag is agter jou hele menswees. Sonder Hom is ons niks. Iets eenvoudigs soos om te tel wat se seeninge ons het van God af.

Herstel Stap 2 : Stel jou rus pas op die regte spoed.

  • Lewe op die pas wat vir jou gemaklik is nie die pas van die wereld nie. Sekere mense het die ondervinding om 'n baie vinnige pas te handaaf. Ons sal eendag ook daarby uitkom. Dit bly baie belangrik om jou pas te bepaal al kom ons miskien met die rede , maar ons moet byhou met die wereld. Dit is alles goed en wel , maar wat as jy oor 2 jaar uit die RACE uitval.

Herstel Stap 3 : Sit jou ligte af elke aand!

  • Hierdie is regtig baie belangrik en baie mense verstaan nie hoe belangrik jou slaap vir jou is nie. Jou brein verwerk nogsteeds informasie na jy aan die slaap is. Jou laaste denke sal nog lank in die kop rondwaal en baie mense droom dan oor dinge waarvan hulle gedink het weke al voor hulle drome. Gaan sit en skryf jou gedagtes neer op papier tot jy nie meer gedagtes het nie , of BLOG :) dit sal help om te gaan slaap met skoon denke en so min as moontlik om oor te dink.

Herstel Stap 4 : Kry 'n "Check Up"

  • Besoek jou dokter tenminste een keer in ses maande. Slefs die tandards. Iets eenvoudigs soos 'n tand kan jou probleme gee sonder dat jy daarvan weet. Selfde met ons ligaam. God het vir dokters die talent gegee om ons te genees met basiese kwale , verder doen Hy die wonderwerke.

Herstel Stap 5 : Vat jou kar en kom bietjie uit die stad uit.

  • Partykeer is dit al wat ons nodig het om ons los te maak van die gejaag. Net 'n saterdag langs 'n dam of selfs 'n vakansieoord as 'n dagbesoeker.

As jy hierdie basiese dinge doen is ek oortuig daarvan dat die skouers bietjie sal ontspan. Word stil en wees rustig.

Tuesday, 06 March 2007

God en die Besigheidswerêld.


As jy 'n leier is in enige besigheid of bestuurder in enige opset is hierdie vir jou. Mense vandag is bang om God en besigheid te meng. Hoekom? Die rede is nie so seer dat mense skaam is vir God nie , daar word net bloot gesê dat daar geen plek is vir God in die besigheidswerêld nie. Slegte nuus vir die wat nie saamstem nie en hoor my as jy hierdie lees , mag God jou werêld ruk dat jy op jou kniee sal smeek om hulp vir uitkoms in jou besigheid as dinge skeefloop.

As jy die woord besigheid hoor , dink jy miskien aan produksie en geld. Hoe kan jy jou besigheid bestuur om geld te maak. Dit is waaraan die meeste mense dink. In jou besigheid werk jy met God se geld en met God se mense. Nou die belangrikste vir God is Sy mense. Om 'n rentmeester van God se geld te wees is natuurlik ook belangrik , maar baie leiers plaas God se geld of soos hulle dink hulle geld voor God se mense. Groot Fout.

Baie eenvoudig. As 'n leier is dit prioriteit om na God se mense om te sien. Elke werker in jou besigheid is vir God meer werd as al die geld in die werêld. Jou doel as leier is om vir elke persoon sin te gee aan hulle 2de doel op aarde. Eerste is om 'n persoonlike verhouding met God te he en 2de is om hulle lewensplan volheid te lewe. Ek kan vrek baie hieroor skryf , maar ek wil dit nie uitrek nie.

Punt is , belê in jou mense wat vir jou werk , maak hulle belangriker as die belangrikheid om geld te maak. God sal jou seën omdat jy 'n seën is vir Sy mense. God sal jou besigheid seën om meer mense deel te maak van jou God gedrewe besigheid. Deure sal toegemaak wees met rede wat jy nie dadelik sal verstaan nie , deure sal oop wees en jy sal dit tien teen een ook nie verstaan nie. Fokus net op God en dan op Sy mense.