Tuesday, 06 March 2007

God en die Besigheidswerêld.


As jy 'n leier is in enige besigheid of bestuurder in enige opset is hierdie vir jou. Mense vandag is bang om God en besigheid te meng. Hoekom? Die rede is nie so seer dat mense skaam is vir God nie , daar word net bloot gesê dat daar geen plek is vir God in die besigheidswerêld nie. Slegte nuus vir die wat nie saamstem nie en hoor my as jy hierdie lees , mag God jou werêld ruk dat jy op jou kniee sal smeek om hulp vir uitkoms in jou besigheid as dinge skeefloop.

As jy die woord besigheid hoor , dink jy miskien aan produksie en geld. Hoe kan jy jou besigheid bestuur om geld te maak. Dit is waaraan die meeste mense dink. In jou besigheid werk jy met God se geld en met God se mense. Nou die belangrikste vir God is Sy mense. Om 'n rentmeester van God se geld te wees is natuurlik ook belangrik , maar baie leiers plaas God se geld of soos hulle dink hulle geld voor God se mense. Groot Fout.

Baie eenvoudig. As 'n leier is dit prioriteit om na God se mense om te sien. Elke werker in jou besigheid is vir God meer werd as al die geld in die werêld. Jou doel as leier is om vir elke persoon sin te gee aan hulle 2de doel op aarde. Eerste is om 'n persoonlike verhouding met God te he en 2de is om hulle lewensplan volheid te lewe. Ek kan vrek baie hieroor skryf , maar ek wil dit nie uitrek nie.

Punt is , belê in jou mense wat vir jou werk , maak hulle belangriker as die belangrikheid om geld te maak. God sal jou seën omdat jy 'n seën is vir Sy mense. God sal jou besigheid seën om meer mense deel te maak van jou God gedrewe besigheid. Deure sal toegemaak wees met rede wat jy nie dadelik sal verstaan nie , deure sal oop wees en jy sal dit tien teen een ook nie verstaan nie. Fokus net op God en dan op Sy mense.

No comments: