Monday, 19 February 2007

Self Ontwikkeling

In die lewe wat ek leef probeer ek baie keer om mense te help. Nie net met take nie , maar deur situasies van die lewe. Nou ek is 25 . Dit is eintlik nie regverdig teenoor mense wat ouer as ek is nie. Ek meen wat weet ek nou van die lewe af? Daar is een ding wat ek weet en dit is dat ons keuse het. JA of NEE. Die keuse wat jy maak het reaksies. Eenvoudig. Vir elke aksie is daar 'n reaksie!

Somtyds dink ek nie ek het die vaardighede om iemand te help met iets nie en dit is 100% so. Wat weet ek nou van kinders af , as ek nog nie eens kinders het nie. So kan ek aangaan. Ek dink dit is vrek belangrik vandag om nie net 'n skroewedraaier te wees nie. As ek slegs die een instrument is kan ek slegs skroewe uitdraai en indraai.
Die groot doel op die einde van die dag is miskien om 'n leatherman te wees. Ietsie van alles.
Sir Edmund Hillary die eerste makker wat mount everest geklim het , het iets interresant gese.

Na sy 2de poging om die berg te klim het hy met mense gepraat in 'n saal waar daar 'n massiewe skildery van Mount Everest agter hom gehang het. Sy woorde was soos volg.

That mountian cannot get any bigger but i have plenty room to grow and become bigger than that mountian.

In Afrikaans , Daardie berg kan nie groter word nie , maar ek het meer as genoeg spasie om groter te word as daardie berg.

Hy som dit baie mooi op , dinge in ons lewens kan net 'n sekere groote bereik , maar ons as mense kan 'n ewigheid leer en groei. Groei in God en groei in onsself. Moenie laat 'n dag verby gaan wat jy nie gegroei het nie.

Saturday, 17 February 2007

God en Jy bepaal jou denke se dinkpatroon!

My denke bepaal my uitkoms. Dit wat ek as persoon wil word en wees. Ek oordink die lewe en benader die lewe volgens dit waaraan ek dink. As mense met my praat dan neem ek hulle woorde in en my denke se ja of nee. Daar is 'n gesegde wat se. "Hou op om maag pyn te kry oordat jou voorvaders teveel groen appels geeet het"

Die punt wat ek probeer maak hier is soos volg. Hou op om redes te soek vir dinge wat jy nie kan wees nie oor jou generasies voor jou. Bv. My oupa het gedrink , nou moet ek ook drink en my pa het 'n kort humeur en nou moet ek ook een he. Dis Nonsens!. Jy maak die keuses in jou dinkpatroon. Dit is nie 'n demoon wat in jou lewe is nie.

Baie predikers spreek die duiwel aan en se hulle moet die mense uitlos. Ek dink dit is anders om , MENSE los die duiwel uit. Ek kan myself net indink , 'n demoon praat met God en se vir God , dit is nie my skuld dat die ou drink nie , en God antwoord hom. Ja ek weet , hy drink omdat sy oupa gedrink het moet hy ook nou drink. Dan is dit meer 'n kwessie van Pietie of Jannie los die duiwel en sy gedagtes wat hy om jou plaas uit.! Sonder Boo Haa en 'n bohaai kan die keuses wat ons maak hierdie generasie gewoontes afbreek.

Mense , hou op om verskonings te maak oor wat in jou vorige generasies fout was Siektes , gewoontes en emosionele pyn. Los dit en begin met basiese besluite. As jy jou denkpatroon hammer met iets soos , amper al die mans in my familie het hartaanvalle gehad , belowe ek jou sal jy een kry. Intussen sit jy met 'n perfekte hart , maar omdat jy so storie daarvan gemaak het , het jy jou denkpatroon so opgevoeter dat jou brein begin programmeer het om vir jou 'n hartaanval te gee. Dit is 'n gedagte wat elke dag jou vrede steel.

Word rustig en oordink dit wat God jou voor geskep het. Om vol vreugde en vrede te wees , om gelukkig te wees as mens op aarde.Skakel jou gedagtes in op God en jy sal insig en wysheid ontvang veel meer as wat in jou menslike vermoĆ« moontlik is. Deel van die koningkryk is hier op aarde , dit is ons. Leef dit. Wees dit. Elke dag nie net Sondag nie.

Mag julle , julle denkpatrone bombardeer met positiewe denke en die besluite neem om verandering in julle lewens te bring.

Thursday, 15 February 2007

Wonderwerk!

Wat is 'n wonderwerk vandag? 'n Vriend van my het nou die aand met 'n oulike konklusie opgekom. Hy het verduidelik oor die skrif waar Jesus vir die Dissipels se , julle gaan groter dinge as ek doen , onder andere gaan julle ook mense wat blind is laat sien en mense wat siek is genees.

Dadelik dink jy aan iemand wat nie kan sien waar hy loop nie . So blinde ou , of iemand wat siek is op 'n hospitaal bed. Dit is voorwaar wonderwerke , maar hoe baie sien ons soortgelyke wonderwerke vandag. Antwoord is baie min , maar as jy dit sien soos hy dit verduidelik is dit redelik baie. Wel dit is nou as jy oplettend is daarvoor. Mense wat nie die waarheid kan sien nie , mense wat 'n lewe , lewe vir die aarde en nie vir God nie. satan Verblind hulle teen die goed van God.

Dan is daar mense wat seer gekry het. Emosioneel is hulle stukkend en met die hulp van God is ons die instrumente wat die mense se gevoelens genees. Ek dink mense kry meer seer emosioneel as fisies. Dink bietjie aan jou lewe en weeg die twee op. Binne in jou , jou hart. Dit is waar jy al die seerste gekry het en ook die meeste , tensy jy een van die ouens is op kanaal 89 wat in AF speel. Wel julle verstaan wat ek bedoel.

Om terug te kom by wat is 'n wonderwerk vandag? Ek wil met julle deel wat ek nou die aand as 'n wonderwerk ontvang het vanaf God. Verlede week vrydag aand is ek en my vrou oppad huistoe. So 2km van die huis af stop ons by 'n rooi robot en ons wag vir die robot om groen te gaan. Die robot het groen geslaan en ek was reg om weg te trek. Op die selfde moment wat die robot groen slaan , lui my selfoon en ek strek na die sak toe aan my vrou se kant om my foon te kry , in die selfde moment trek ek ook weg en toe laat vrek ek die kar. Ek het my kop opgelig om voor my te kyk en die kar weer aan te skakel .

As ek reg kon skat ry daar 'n trok met 'n sleepwae teen ontrent so 80 - 100 oor die rooi robot.
Ek en my vrou sit net daar en weet nie wat om te se nie. Jy sit met so dom dowwe uitdrukking van wat die hek. Die hele gebeurtenis het ontrent afgespeel in 10 sekondes. Daar was 'n ander kar agter ons gewees en verseker sou die trok of ons of die ou agter ons geslaan het. Ohh ja en my foon was slegs 'n miscall gewees van 'n vriend. Nogals snaaks 'n vriend van my wat nie in God - Jesus Christus Glo nie.

Hierdie was voorwaar 'n wonderwerk. Ek dink God wil elke dag wonderwerke in ons lewens doen. Die vraag is , is jy reg daarvoor? Ek was nie. Ek raak emosioneel as ek dink aan wat gebeur het. As ek die gewoonte verwagting het dat God elke dag 'n wonderwerk in my lewe wil doen dan sal dit nie so erg wees nie , want my God is 'n God van elke dag wonderwerke. Groot en klein. Ek bid dat julle harte sal reg wees vir 'n wonderwerk. Ek bid dat mense wat nie vir God ken nie sal soek na die verlosser wat vir hulle wonderwerke gee.

Monday, 12 February 2007

Hoor die stem van God Deel 2

Dit voel vir my soos 'n welkom terug in my eie blog. Die laaste 2 weke was nogals besig gewees. Elkgeval Welkom welkom. Ek sal later pos oor my lekker 2 weke. Fokus mense Fokus.

Ek het bepaal dat daar sekere onodige dinge in ons lewes is wat dit egter moeilik maak om te fokus op die stem van God. Daar is hierdie gesegde wat se , dit wat jy eet is hoe jy lyk. Nou in die selfde asem kan ek se dit wat jy jou gedagtes gaan voer is die opbrengs vir hoe jy gaan dink.

Die media is vandag lui slingse satan se gunsteling gereedskap.
Kyk jy miskien na die 6 uur nuus? Luister jy na die 5 uur nuus op die radio oppad huistoe? Die vraag is waarna kyk jy en luister jy. Wat is jy besig om jou gedagte mee te voed. Gemors wat op die eiende van die dag jou net ontstel. Wel ek het dit stop gesit. Ek is miskien nie so op hoogte met wat in die wereld aangaan nie , maar as dit regtig baie belangrik is dan sal ek dit erens by iemand hoor. Jy kan nou ongelukkig nie mense om jou afskakel soos die tv of radio nie.

Die gemors op die tv en radio is werelds en al wat jy besig is om te doen sonder dat jy dit weet is om te luister na satan. Jy word negatief oor ons land en die mense om jou. Baie van julle dink nou dalk ek is bietjie van my trollie af , want dit is belangrik om tog te weet wat aangaan miskien in die sake nuus of selfs verkeer nuus. Indien dit dan so noodsaaklik is om na die twak te luister , spandeer dan tenminste 3 keer die tyd met positiewe dinge. God is 'n God van alles en 'n positiewe karakter by God is 'n wen wen. God praat graag met positiewe mense. Hoor mooi wat ek se. Ek bedoel nie as jy in jou downs en outs is God wil nie met jou praat nie , maar Hy praat makliker met positiewe , dinamiese mense wat 'n verskil kan maak op aarde.

Gaan sit 'n bietjie en kyk wat jy vir jou greistof gee as voedsel. Ek belowe jou en bid vir almal wat op die proef stel wat ek aanbeveel. Los die nuus vir 2 weke. Los die koerant vir 2 weke en vervang dit miskien met iets soos 'n boek wat jou as mens opbou en jou kan positief maak oor die lewe en oor wie jy is. Natuurlik my persoonlike aanbeveeling . Die Bybel en jy kan spreuke begin lees. As dit vir jou een te veel is , gaan koop 'n boek oor leierskap of self ontwikkeling en verkieslik by 'n christelike boekwinkel. Die wereld soek nie nog 'n Hitler nie. Pasop watter tipe leierskap boeke jy lees.