Verlede week het toe nou heel goed gegaan. Ek het woensdag aand my eerste wedloop aangepak. 15km!! Ek het dit in presies 1 uur 30 min gedoen en so paar sekondes.Saterdag oggend het ek ook gehardloop , ek het slegs 'n 10km gedoen met die rede dat ek die naweek wat kom 'n 21km gaan hardloop. Ek wil myself nie ooreis nie en dit is vir my 'n heel nuwe veld.
Ek het my 10km in 49 min gehardloop wat ook nie te sleg is vir 'n eerste keer nie. Die beste van als is dat dit is nogal lekker. Dit is of in die oggend vroeg of in die aand. In die oggend is dit nog koel en die lug is lekker vars en die aand wedlope is amper soortgelyk. Nou die groot vraag Hoekom . Ek het dit vir myself gister gevra. Ek wonder toe hoe op die aarde het ek by die besluit gekom om te begin hardloop. Dit was defnitief nie 'n nuwe jaar voorneme nie. Ek gaan nou al vir 2 jaar gereeld gym toe en my liggaam is in 'n goeie kondisie.
Ek het terug gesit en gekyk waar het dit begin. In Desember het ek begin hardloop in die gym op die treadmill (YUK) dit is warm in die gym en jou voete brand op 'n treadmill. Ek het begin met 10 min , later 20 en nou al tot 'n uur. Die beste van als is dat ek het geen begeerte gehad om regtig te hardloop nie. Ek het al voorheen vir myself gese ek wil dalk eendag iets doen soos 'n ysterman waar jy hardloop , swem en fiets ry. Ek het hieroor gesit en dink en selfs vir God met die saak betrek. Hy is tog my skepper , God maak dat my een voet voor die ander geplaas word. God voorsien die suurstof wat maak dat my hele wese funksioneer.
Ek het nie regtig duidelike antwoorde gekry hieruit nie , maar ek het tot die volgende konklusies gekom. Ek en God weet ek gaan tenminste 96 jaar oud word. Ek het al baie daarteen gestry , en vir God gese ek wil nie 'n suurstof dief word nie , maar elke keer kry ek versekering dat ek nogsteeds met passie vir God gaan leef en funksioneer tot die dag wat ek doodgaan. Een ding is verseker. As ek op daardie ouderdom nog aktief wil wees in die samelewing gaan ek elke dag moet oplet na wat ek my liggaam aan bloodstel. Sekere kos , dit wat ons drink , sekere medisyne en selfs my manier van oefen. Teveel of te min. Al wat ek kan se is dat God beheer my wese en Hy weet wat die beste vir my is. Miskien is spiere bou nie die ding nie. Dalk is 'n doodgewone gesonde liggaam die wenresep vir 'n lang lewe. Ek sal nie weet nie en slegs God kan my daarop antwoord en tyd sal my leer.
Elke mens is uniek gemaak . Elke mens dink ek het nodig om te weet wat die wenresep is vir 'n lang lewe. Nie om suurstof te steel nie , maar om 'n instrument van God te wees.





