Friday, 19 January 2007

Be Humble before your Stumble!

Ek sit vanoggend en kyk die Australian Open (Tennis). Rodger Federer speel teen Youzhny ek dink hy is 'n rus. Ek is mal oor Rodger en ook die 2de sitting Rafeal Nadal . Dit is vir my 'n droom om eendag altwee die mense te ontmoet. Nie net van sien nie , ek wil met hulle praat. Dit sal waar word. Natuurlik gaan ek eers moet spaans leer om met nadal te praat , want hy kan slegs spaans praat. :)

Ek sit en dink wat maak die super spelers so uniek. Wie is hulle , waarvoor staan hulle en wat dryf hulle. Wat maak hulle anders as al die ander spelers. Met altwee is daar 'n unieke nederigheid. Is dit miskien die wenresep tot 'n briljante speler. 'n Briljante mens. Ek dink dit is baie moontlik. Jesus wat totaal en al nederig. Hy het aarde toe gekom met 'n plan en dit is vervul dit is 100% gedoen. Hy was 'n wenner. Nou dit beteken nie dat Nadal nie 'n wenner is omdat hy die 2de sitting in die wereld is nie. Nee. Soms klop hy ook vir Rodger. Dan is nadal natuurlik ook baie jonger as rodger , nadal se tyd sal kom.

Rodger sal nooit sy oponnent verneder op die baan nie. Sy oorwinnings genot is 'n kop af en arm in die lug. Aan die einde van 'n wedstryd sal hy natuurlik meer verheeg in sy oorwinning as tussen spel. Julle gaan nou lag , maar ek dink sy optrede van nederigheid op die baan maak sy oponente mak. So lekker mak soos skapies. Hulle speel teen hom met vrees en respek. Nou dit is nogals snaaks om te sien dat daar vrees gewek word hier sonder geweld. Die respek wat rodger ontwikkel het in die tennis wereld deur die persoon wat hy is (Nie net omdat hy nommer 1 is nie.) maak hom 'n gevreesde opponent.

Dan is daar Rafeal Nadal. Soos ek gese het rafeal is nog jonk. Nou vir 'n jong mens doen hy regtig briljant. Meeste jongmense voeter hulle roem op , nie eers om te praat van die geld nie. Dit gaan alles kop toe. Hy is bietjie anders as Rodger op die baan , hy hou daarvan om uiting te gee aan sy oorwinnings . Hy is regtig oorlaai met genot as hy wen. Ek dink nie hy is al waar rodger is nie , maar hy sal daar uitkom.

Psa 149:4 The LORD is pleased with his people, and he gives victory to those who are humble.

2 Samuel 22 U red hulle wat nederig is , maar U verneder die hoogmoediges.

Mag julle almal nederigheid ervaar in julle harte sodat julle dit kan deel met die wereld , nie met woorde nie , maar met julle dade. Mag God vir julle oorwinning gee in elke taak wat julle aanpak met nederigheid.

No comments: