Ja , dit klink nou mos lekker. Bed tyd , net so voor 11 uur nou . Die naweek het regtig goed afgeloop. Die opleiding wat ek aangebied het was nie sleg gewees nie. Dit is eintlik nogal lekker om met mense te praat wat net sit en vir jou kyk. Ek gaan eendag voor duisende mense praat oor leierskap. Maar dit is eers eendag. Vir nou praat ek met so groepie van 30 en op sondae met so 50 tot 80 kinders per diens.
Van vrydag af het ek in totaal seker so 15 ure geslaap en dit is heeltemal te min vir my. Ek weet ons kan seker weg kom met baie minder , maar gym en straffe draf sessies laat nie veel krag oor nie. Die liggaam moet afpak en rus. Vanaand gaan ek lekker slaap , ek dink ek gaan eers so 8 uur opstaan. Dit klink nou vir my soos 'n plan. Nou ja , lekker kort. Ek sal more bietjie post oor my nuwe bakkie wat ek gekry het , is dit nou vir jou 'n storie op sy eie. Nag as daar iemand vanaand nog lees en lekker werk vir die wat browse op die net terwyl hulle eintlik moet werk.
Monday, 15 January 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comment:
Well said.
Post a Comment