Openbaring 2:7Elkeen wat gewillig is om te luister moet hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.
Ek het in die week in op Discovery kanaal 'n samestelling gekyk van Nostradames. Nogals interresant gewees. Ek gaan nie teveel detail gee oor hom nie , maar die meeste mense weet wie hy is. Nadat ek die program gekyk het , het ek 'n onsaglike groot begeerte gekry om God se stem duidelik te hoor.
Ek wil presies weet in detail hoe God oor my voel , wat Hy vir my beplan ens. Dit gaan nou nogals greedy klink maar alles wat God met my deel wil ek vir myself hou. Ek is seker daarvan jy het geheime wat jy net met God sal deel. So ook het God dinge wat Hy net met ons wil deel.
Om terug te kom na die vers in openbaring. Ek dink dat God soek heeldag mense wat gewillig is om te luister. Net daai 2 woorde. Gewillig en Luister.
Sien ons en ek self wil net altyd afpak by God , wat reg is , maar ons is nie gewillig dat God bietjie by ons afpak nie.
Is jy gewillig om te luister? Is jy werklik gewillig om te hoor watse foute jy maak in jou lewe. Om te hoor hoe jy mense moet behandel . Om te hoor hoe jy jou finansies moet hanteer. Om te hoor waaroor God hartseer raak?
Is jy gewillig om te luister?
No comments:
Post a Comment