Monday, 08 January 2007

Hoor die Stem van God deur Sy Heilige Gees Deel 2

Die groot vraag , hoe weet ek , ek hoor die stem van die Heilige Gees? Nogals anders as jy mooi daaraan dink. Jy sit met 2 ander moontlikhede. Jou eie wil en dan natuurlik satan. Ek het mooi gaan sit en dink hieroor en 'n paar voorbeelde in my lewe gaan opweeg. As die Heilige Gees met jou praat dan is dit altyd inlyn met Jesus en dan natuurlik met God se Woord wat Jesus is!

Om die Heilige Gees se stem goed te kan hoor moet ek en jy die Bybel maar bitter goed ken. Op die manier kan ons baie beter weet wanneer die Heilige Gees met ons praat. Ek vra myself ook baie kere die vraag af is dit tot vordering van God se koningkryk hier op aarde? Indien nie dan twyfel ek en dan moet ek wag en seker maak totdat ek 100% oortuig is.

Ek het iets baie interresant ervaar ontrent Bybel lees voor my wedergeboorte en na. Vooraf het ek my bybel gelees en dit wat maar net woorde. Jy verstaan dit , maar jy verstaan nie die dieper betekenis agter die lewende woord van God nie. Die sad ding is dat jy nie weet jy verstaan dit nie.

Johannes 3:6 Wat uit 'n menslike liggaam gebore is , is menslik en wat uit Gees gebore is , is gees.

Om die dinge van die gees te verstaan moet jy wedergebore word. Om die Heilige Gees te kan hoor moet jy wedergebore word. Na my wedergeboorte het ek die Bybel beter verstaan en die dieper dinge van God begin verstaan.

Johannes 4:24 God is Gees, en die wat Hom aanbid, moet Hom in hegte verhouding met die Gees en in waarheid aanbid.

Ek is nou al 2 jaar 'n nuwe mens en ek sien myself nog as 'n baba in die geloof. In die begin fases wou ek so graag God se stem hoor ek het party keer dinge uitgedink sonder dat ek dit geweet het. Pasop dat jy nie probeer om die Heilige Gees uit te dink nie. Moet ook nie redineer met die Heilige Gees met die verwagting dat jy die redinasie gaan wen nie. God is altyd reg. Redinasie is goed en God hou daarvan. Hy het ons geskep as die mees intelektuele wesens op aarde.

Om terug te keer na ons 2 ander stemme. Jou eie wil praat gewoonlik net oor jouself en jou eie begeertes. Dit wat jy graag wil he. 'n Oulike Kar of 'n nuwe huis ens. Dan satan , soos hulle se vader van leuns. Hy is gewoonlik haastig , hy druk jou in 'n ding in voor jy weet wat jy gedoen het. God jaag ons nooit nie. God is gentle. Het jy al ooit daai onrustige gevoel binne jou gehad van jy is nie seker nie en amper alles se vir jou nee. Dit is wanneer die Heilige Gees terug trek omdat jy jou gewilligheid om te luister oorgee aan of satan of jou eie wil.

Onthou , die Heilige Gees gee altyd gemoedskalmte.

No comments: