Dit voel vir my soos 'n welkom terug in my eie blog. Die laaste 2 weke was nogals besig gewees. Elkgeval Welkom welkom. Ek sal later pos oor my lekker 2 weke. Fokus mense Fokus.Ek het bepaal dat daar sekere onodige dinge in ons lewes is wat dit egter moeilik maak om te fokus op die stem van God. Daar is hierdie gesegde wat se , dit wat jy eet is hoe jy lyk. Nou in die selfde asem kan ek se dit wat jy jou gedagtes gaan voer is die opbrengs vir hoe jy gaan dink.
Die media is vandag lui slingse satan se gunsteling gereedskap.
Kyk jy miskien na die 6 uur nuus? Luister jy na die 5 uur nuus op die radio oppad huistoe? Die vraag is waarna kyk jy en luister jy. Wat is jy besig om jou gedagte mee te voed. Gemors wat op die eiende van die dag jou net ontstel. Wel ek het dit stop gesit. Ek is miskien nie so op hoogte met wat in die wereld aangaan nie , maar as dit regtig baie belangrik is dan sal ek dit erens by iemand hoor. Jy kan nou ongelukkig nie mense om jou afskakel soos die tv of radio nie.
Die gemors op die tv en radio is werelds en al wat jy besig is om te doen sonder dat jy dit weet is om te luister na satan. Jy word negatief oor ons land en die mense om jou. Baie van julle dink nou dalk ek is bietjie van my trollie af , want dit is belangrik om tog te weet wat aangaan miskien in die sake nuus of selfs verkeer nuus. Indien dit dan so noodsaaklik is om na die twak te luister , spandeer dan tenminste 3 keer die tyd met positiewe dinge. God is 'n God van alles en 'n positiewe karakter by God is 'n wen wen. God praat graag met positiewe mense. Hoor mooi wat ek se. Ek bedoel nie as jy in jou downs en outs is God wil nie met jou praat nie , maar Hy praat makliker met positiewe , dinamiese mense wat 'n verskil kan maak op aarde.
Gaan sit 'n bietjie en kyk wat jy vir jou greistof gee as voedsel. Ek belowe jou en bid vir almal wat op die proef stel wat ek aanbeveel. Los die nuus vir 2 weke. Los die koerant vir 2 weke en vervang dit miskien met iets soos 'n boek wat jou as mens opbou en jou kan positief maak oor die lewe en oor wie jy is. Natuurlik my persoonlike aanbeveeling . Die Bybel en jy kan spreuke begin lees. As dit vir jou een te veel is , gaan koop 'n boek oor leierskap of self ontwikkeling en verkieslik by 'n christelike boekwinkel. Die wereld soek nie nog 'n Hitler nie. Pasop watter tipe leierskap boeke jy lees.
No comments:
Post a Comment