Wat is 'n wonderwerk vandag? 'n Vriend van my het nou die aand met 'n oulike konklusie opgekom. Hy het verduidelik oor die skrif waar Jesus vir die Dissipels se , julle gaan groter dinge as ek doen , onder andere gaan julle ook mense wat blind is laat sien en mense wat siek is genees.Dadelik dink jy aan iemand wat nie kan sien waar hy loop nie . So blinde ou , of iemand wat siek is op 'n hospitaal bed. Dit is voorwaar wonderwerke , maar hoe baie sien ons soortgelyke wonderwerke vandag. Antwoord is baie min , maar as jy dit sien soos hy dit verduidelik is dit redelik baie. Wel dit is nou as jy oplettend is daarvoor. Mense wat nie die waarheid kan sien nie , mense wat 'n lewe , lewe vir die aarde en nie vir God nie. satan Verblind hulle teen die goed van God.
Dan is daar mense wat seer gekry het. Emosioneel is hulle stukkend en met die hulp van God is ons die instrumente wat die mense se gevoelens genees. Ek dink mense kry meer seer emosioneel as fisies. Dink bietjie aan jou lewe en weeg die twee op. Binne in jou , jou hart. Dit is waar jy al die seerste gekry het en ook die meeste , tensy jy een van die ouens is op kanaal 89 wat in AF speel. Wel julle verstaan wat ek bedoel.
Om terug te kom by wat is 'n wonderwerk vandag? Ek wil met julle deel wat ek nou die aand as 'n wonderwerk ontvang het vanaf God. Verlede week vrydag aand is ek en my vrou oppad huistoe. So 2km van die huis af stop ons by 'n rooi robot en ons wag vir die robot om groen te gaan. Die robot het groen geslaan en ek was reg om weg te trek. Op die selfde moment wat die robot groen slaan , lui my selfoon en ek strek na die sak toe aan my vrou se kant om my foon te kry , in die selfde moment trek ek ook weg en toe laat vrek ek die kar. Ek het my kop opgelig om voor my te kyk en die kar weer aan te skakel .
As ek reg kon skat ry daar 'n trok met 'n sleepwae teen ontrent so 80 - 100 oor die rooi robot.
Ek en my vrou sit net daar en weet nie wat om te se nie. Jy sit met so dom dowwe uitdrukking van wat die hek. Die hele gebeurtenis het ontrent afgespeel in 10 sekondes. Daar was 'n ander kar agter ons gewees en verseker sou die trok of ons of die ou agter ons geslaan het. Ohh ja en my foon was slegs 'n miscall gewees van 'n vriend. Nogals snaaks 'n vriend van my wat nie in God - Jesus Christus Glo nie.
Hierdie was voorwaar 'n wonderwerk. Ek dink God wil elke dag wonderwerke in ons lewens doen. Die vraag is , is jy reg daarvoor? Ek was nie. Ek raak emosioneel as ek dink aan wat gebeur het. As ek die gewoonte verwagting het dat God elke dag 'n wonderwerk in my lewe wil doen dan sal dit nie so erg wees nie , want my God is 'n God van elke dag wonderwerke. Groot en klein. Ek bid dat julle harte sal reg wees vir 'n wonderwerk. Ek bid dat mense wat nie vir God ken nie sal soek na die verlosser wat vir hulle wonderwerke gee.
No comments:
Post a Comment