Monday, 19 February 2007

Self Ontwikkeling

In die lewe wat ek leef probeer ek baie keer om mense te help. Nie net met take nie , maar deur situasies van die lewe. Nou ek is 25 . Dit is eintlik nie regverdig teenoor mense wat ouer as ek is nie. Ek meen wat weet ek nou van die lewe af? Daar is een ding wat ek weet en dit is dat ons keuse het. JA of NEE. Die keuse wat jy maak het reaksies. Eenvoudig. Vir elke aksie is daar 'n reaksie!

Somtyds dink ek nie ek het die vaardighede om iemand te help met iets nie en dit is 100% so. Wat weet ek nou van kinders af , as ek nog nie eens kinders het nie. So kan ek aangaan. Ek dink dit is vrek belangrik vandag om nie net 'n skroewedraaier te wees nie. As ek slegs die een instrument is kan ek slegs skroewe uitdraai en indraai.
Die groot doel op die einde van die dag is miskien om 'n leatherman te wees. Ietsie van alles.
Sir Edmund Hillary die eerste makker wat mount everest geklim het , het iets interresant gese.

Na sy 2de poging om die berg te klim het hy met mense gepraat in 'n saal waar daar 'n massiewe skildery van Mount Everest agter hom gehang het. Sy woorde was soos volg.

That mountian cannot get any bigger but i have plenty room to grow and become bigger than that mountian.

In Afrikaans , Daardie berg kan nie groter word nie , maar ek het meer as genoeg spasie om groter te word as daardie berg.

Hy som dit baie mooi op , dinge in ons lewens kan net 'n sekere groote bereik , maar ons as mense kan 'n ewigheid leer en groei. Groei in God en groei in onsself. Moenie laat 'n dag verby gaan wat jy nie gegroei het nie.

1 comment:

Anonymous said...

mens het seker die reg tot opinies, al is dit seker nie op die juiste oomblik 'n korekte een nie. Dink ek, but then, miskien is hierdie opinie nie korek nie! omg!

As mens te veel daar ingaan, gaan jy jouself van jou tor af dryf!

As for the leatherman, onthou net die een gesegde... jack of all trades, master of none. Mens kannie alles doen nie, although, dit klink baie aantreklik!

YaY! nog 'n opinie gelig vir iemand!

btw, shot dat jy by mybloglog ding 'n draai gemaak het!