Hoe sug mens lekker in text formaat. Ek is lus vir sug. Sug van verligting , sug van spanning en 'n sug van moegheid. Die laaste 2 dae kleef ek soos poef aan 'n kombers vas aan die skrif in die woord wat se "Ek is tot alles instaat deur Jesus Christus wat my die krag gee."
2 Laat aande. Laas nag so 2 uur gaan slaap en 6 uur toe begin my 2 pappegaaie my wakker skreeu. Dit was ook die eiende van slaap.
Tussen 6 uur en 8 uur het ek lekker rond gedrentel hier in die huis om reg te maak om na 'n klient toe te gaan. Ons het die naweek 'n ekspo by die kerk vir die kinderkerk. Ek self is in beheer van nogals baie wat gaan afloop. Alles val vandag in plek. So dit is die sug van verligting.
Nou ja , ek moet nog vanaand 'n lekker powerpoint opstel , want ek bied more opleiding aan vir die kinderkerk personeel. Nou daai my liewe vriende is die sug van spanning. My nek is so lekker styf hier in die regterkant. Ek is nie heeltemal gewoond daaraan om iets voor mense aan te bied nie. mmmmmmm Great fun.
Ek het gedink ek gaan vanmiddag 4 uur squash speel teen my vrou te baas , dit sou nogals gehelp het met die spannings probleme , maar op een of ander wonderbaarlike manier het ons mekaar verkeerd verstaan en dit het toe nou nie gerealiseer nie. Miskien moet ek gym toe gaan na die pos. So 20 min op die treadmill gaan spandeer en as dit lekker seer raak dan 40 min!!!
Hehe nou dit is hier waar die sug van moegheid inskop. Na so sessie is mens lekker tam in die bene.
Ek sit nounet hier en kyk op Mk98 vir F*kof Polisiekar. Ek like die ouens heavy. Ek ken elkeen van hulle deur middel van lees en sien , maar nie persoonlik nie. Hulle agtergrond en sieninge. Ag wat ek bid vir julle dewds en Nee dit is nie die sarkastiese Ek sal vir jou bid nie. Miskien eendag sal julle 'n God nodig he.
Geniet die naweek en doen so veel as moontlik anders word jy lui oor die naweek.
No comments:
Post a Comment