Wednesday, 10 January 2007

Hoor die Stem van God deur Sy Heilige Gees Deel 4

Hi Julle , mmmm die reuk van reen as dit nog nie reen nie. Vars , nuut en vol lewe. Die lug is koel en lekker as dit deur ons liggame trek. Amper soos 'n lugreeling stelsel , maar net soos 1000 keer beter. Dit is nou so 6:15 pm , Ek woon hier naby die lughawe in Johannesburg. Ek skat dit sal seker reen oor so 10 min. Lekker Lekker Lekker!!!

Hierdie is my laaste pos oor die Heilige Gees en gaan so bietjie korter wees as die ander. God wil altyd met jou en my praat oor alles. 3 uur in die oggend , 1 uur met etenstyd noem die tyd , maar God wil elke oomblik met ons praat. Dit is tog waarom God ons in die eerste plek geskep het , sodat ons saam met Hom kan lewe en intiem in verhouding met Hom kan staan. Ek dink nie ons kan en sal ooit op die aarde God se liefde vir ons kan verstaan nie. Ek dink dit is iets "extreme" iets waarmee baie van ons nie sal kan kop hou in die hemel nie , juis omdat daar so min liefde hier op aarde is.

Matt Redman skryf in een van sy boeke "Face Down" - "Worship to me is like drawing closer to God with the intention of a Kiss" Stunning
Nou om God se stem deur die Heilige Gees te hoor moet vir ons ook so intiem wees.

Ek het so opsomming gemaak oor die paar dele wat ek gepos het vir julle.
1. Vergelyk alles wat jy hoor met die finale waarheid wat die Bybel is.
2. Soek om die stem te hoor wat gebore is in die Gees en nie die van die Vlees nie.
3. Onthou dat die Heilige Gees se intensies altyd is om mense te verwys na Jesus.
4. Onthou ook dat die Heilige Gees altyd verwys na Jesus Christus.
5. Verwag om presiese skoon informasie te hoor van die Heilige Gees
6. Die Heilige Gees sal jou nooit aanjaag of jou onder druk plaas nie.
7. Jy sal God se stem die beste hoor in tye van aanbidding , gebed en Bybel lees.
8. Soek om gereeld in die Gees te wees.

Bo dit alles praat uit liefde uit en verwag om in liefde geantwoord te word.

No comments: