Tuesday, 09 January 2007

Hoor die Stem van God deur Sy Heilige Gees Deel 3

Jesaja 8:19-20 Hoekom probeer julle dan om uit te vind wat die toekoms inhou deur mediums en spiritiste te raadpleeg? Moenie na hulle gefluister en gemompel luister nie. Kan die lewendes by die dooies hoor wat die toekoms inhou? Hoekom vra jy nie eerder jou God nie? Gaan terug na wat die Here gesĂȘ het! As julle julle nie daaraan steur nie , is daar geen toekoms vir julle nie.

God alleen ken die toekoms vir jou en my. Hy wil dit ook met ons deel , maar daar is 'n geheim tot die sukses van hoe baie God met jou deel en wat God met jou deel. Die Heilige Gees is baie sensitief vir ander mense net soos Jesus was. As jou hart opreg is dan sal God deur die Heilige Gees selfs dinge met jou deel oor ander mense. Mense se pyn , mense se geluk ens. Nou vra jy jouself seker , maar waarom sal ek nou wil weet oor ander mense se lewens. Weereens kom ek terug na die Heilige Gees wat die heeltyd fokus op Jesus. Jesus hier op aarde het verskriklik baie omgegee vir gebroke mense. Wat sou Jesus doen ? Mense aanspreek , mense genees ?
Wat sal jy doen in die geval as die Heilige Gees sensitiewe informasie met jou deel oor ander mense.

As God met jou deel dat 'n familie sit met die bekommernis dat hulle baba wat gebore gaan word gaan met 'n gebrek gebore word volgens die dokters en Hy se vir jou dat jy vir die mense moet gaan se dat alles gaan reg wees , gaan jy dit dan doen? Miskien of Miskien nie. Ons is intrumente wat God gebruik. Jy moet weereens net weer gewillig wees. Nadat jy ander gehelp het of self nadat God met jou oor ander dinge gepraat soos sy skepping en Sy liefde vir ons dan sal God eers met jou praat oor wat die toekoms vir jou inhou. As jy God , Sy Koningkryk en sy mense eerste plaas in jou lewe dan sal jy automaties die vrede ervaar dat God jou toekoms volkome beheer. Goed en sleg , want saam met God sal alles vir die beste uitdraai.

Johannes 15:26 en wanneer die Raadgewer, die Heilige Gees, kom wat die Vader in my Naam sal stuur, sal Hy julle in alle opsigte onderrig en julle ook herinner aan alles wat Ek vir julle gese het.

Die Heilige Gees verwys altyd terug na Jesus toe. Om alledaags die stem van die Heilige Gees te hoor moet ons in die Gees wandel en in die Gees Kom. Ek het gevind dat daar vir my persoonlike net een manier is om goed oor te skakel in my geestes dimensie in en dit is deur aanbiddings musiek. Sommige mense mediteer God se woord. Ander skakel oor in Gees slegs deur Bybel Studie of Gebed. Ek beveel aan om soveel moontlik dinge te probeer wat jou op jou gemak sit om met God te kan praat. 'n Stil kamer sal natuurlik beter werk as een waar die dak waaier se toutjie die heeltyd Kliek Kliek Kliek maak.

Johannes 16:26 Wanneer die Raadgewer kom wat Ek vir julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader af uitgaan, sal Hy oor My in die openbaar getuienis afle.

Laat jou lewe so wees dat die Heilige Gees vir Jesus tot lig kan bring in die wereld deur jou menslike liggaam.

No comments: