My denke bepaal my uitkoms. Dit wat ek as persoon wil word en wees. Ek oordink die lewe en benader die lewe volgens dit waaraan ek dink. As mense met my praat dan neem ek hulle woorde in en my denke se ja of nee. Daar is 'n gesegde wat se. "Hou op om maag pyn te kry oordat jou voorvaders teveel groen appels geeet het"
Die punt wat ek probeer maak hier is soos volg. Hou op om redes te soek vir dinge wat jy nie kan wees nie oor jou generasies voor jou. Bv. My oupa het gedrink , nou moet ek ook drink en my pa het 'n kort humeur en nou moet ek ook een he. Dis Nonsens!. Jy maak die keuses in jou dinkpatroon. Dit is nie 'n demoon wat in jou lewe is nie.
Baie predikers spreek die duiwel aan en se hulle moet die mense uitlos. Ek dink dit is anders om , MENSE los die duiwel uit. Ek kan myself net indink , 'n demoon praat met God en se vir God , dit is nie my skuld dat die ou drink nie , en God antwoord hom. Ja ek weet , hy drink omdat sy oupa gedrink het moet hy ook nou drink. Dan is dit meer 'n kwessie van Pietie of Jannie los die duiwel en sy gedagtes wat hy om jou plaas uit.! Sonder Boo Haa en 'n bohaai kan die keuses wat ons maak hierdie generasie gewoontes afbreek.
Mense , hou op om verskonings te maak oor wat in jou vorige generasies fout was Siektes , gewoontes en emosionele pyn. Los dit en begin met basiese besluite. As jy jou denkpatroon hammer met iets soos , amper al die mans in my familie het hartaanvalle gehad , belowe ek jou sal jy een kry. Intussen sit jy met 'n perfekte hart , maar omdat jy so storie daarvan gemaak het , het jy jou denkpatroon so opgevoeter dat jou brein begin programmeer het om vir jou 'n hartaanval te gee. Dit is 'n gedagte wat elke dag jou vrede steel.
Word rustig en oordink dit wat God jou voor geskep het. Om vol vreugde en vrede te wees , om gelukkig te wees as mens op aarde.Skakel jou gedagtes in op God en jy sal insig en wysheid ontvang veel meer as wat in jou menslike vermoƫ moontlik is. Deel van die koningkryk is hier op aarde , dit is ons. Leef dit. Wees dit. Elke dag nie net Sondag nie.
Word rustig en oordink dit wat God jou voor geskep het. Om vol vreugde en vrede te wees , om gelukkig te wees as mens op aarde.Skakel jou gedagtes in op God en jy sal insig en wysheid ontvang veel meer as wat in jou menslike vermoƫ moontlik is. Deel van die koningkryk is hier op aarde , dit is ons. Leef dit. Wees dit. Elke dag nie net Sondag nie.
Mag julle , julle denkpatrone bombardeer met positiewe denke en die besluite neem om verandering in julle lewens te bring.
No comments:
Post a Comment